skakel-081966
 
top20btn
  1. President Barack Obama van Amerika het gewaarsku dat die wêreld nie langer kan wag om aandag te gee aan die verslegtende toestand in Suid-Soedan nie.

Hy het in Addis Abeba, Ethiopië, gesê die humanitêre toestand in die land wek kommer en vereis die wêreld se dringende aandag.

Obama het gesê die groep Afrikalande wat daaraan werk om die konflik op te los, kon nog nie daarin slaag om dit te doen nie.

Hy sê Amerika wil graag met die poging help en dit is noodsaaklik dat ‘n vredesooreenkoms binne die afsienbare tyd bereik word.

Drie mense is gister dood in ‘n botsing reg van voor tussen ‘n voertuig en ‘n polisiemotor op die N8 naby Tweespruit in die Vrystaat.Polisiewoordvoerder Peter Kareli sê dieen ‘n passasier in die Tata Indica is dood, terwyl ‘n passasier in die polisiemotor ook omgekom het.

Nog drie mense in die motor is kritiek beseer en na die Thaba 'Nchu-hospitaal geneem.

Inwoners van Vlakfontein, suid van Johannesburg, het gisteraand die Goue Hoofweg met brandende buitebande en klippe versper.Metropolisiewoordvoerder Wayne Minnaar sê dit is nie duidelik waaroor die mense betoog nie.

Motoriste is versoek om alternatiewe roetes te gebruik.

Nedbank
Pick n Pay
Paratus
Sample01
Sample02
Sample03
  • spec-savers.jpg
  • m+z-group.jpg
  • Erindi-Ad.jpg
Kosmos aanvaar geen aanspreeklikheid vir die gebruik van en die akkuraatheid van die inhoud van die webtuiste nie.



clearcreative-logo
© Copyright 2015 , All Rights Reserved
Kontak Ons
+264 61 255 985
+264 61 255984
info@kosmos.com.na
verkeer@kosmos.com.na
www.kosmos.com.na